contact@faurefaure.co.za
Telephone: 021 871 1200

Faure & Faure Ing. borg Podiumpret 2019

As Prokureurs verstaan ons die noodsaaklikheid van goed ontwikkelde kommunikasie vaardighede en die bydrae wat dit lewer tot suksesvolle loopbaanontwikkeling. Daarom wil Faure & Faure Ing. leerders in ons gemeenskap help om met gemak op te tree as sprekers voor ‘n gehoor. Ons borgskap en betrokkenheid by Podiumpret gee nie net aan leerders in die Paarl-omgewing die geleentheid om deel te neem aan die Podiumpret kompetisie nie, maar ook die voorreg om persoonlike afrigting te ontvang as voorbereiding vir die kompetisie.

Baie dankie aan Carolina, organiseerder van Podiumpret, vir haar bydrae tot die ontwikkeling van jongmense in ons gemeenskap asook in Suid-Afrika. Faure & Faure Ing. sien uit na finale kompetisie wat plaasvind op 7 September 2019 by Paarl Gimnasium.

Foto: Faure & Faure Ing. Direkteur, Marelize Meintjes saam met Carolina van der Westhuizen en semi-finaal deelnemers.

      

Leave a Reply